Local newsNews

Groot skade toe veteraan motor in ongeluk betrokke is

Die kar, wat aan Pieter Cloete behoort, het baie skaars parte wat baie duur is om te bekom.

Twee lede van die Just Wheels Motorklub is onlangs beseer en groot skade is aan ‘n spog voertuig aangerig toe dit in Benoni in ’n ongeluk betrokke was.

Bart Zaayman en Piet Cloete van die klub het op 20 April met Piet se 1935 Ford Coupé na Benoni gery vir ‘n matriekafskeid fotosessie toe hulle op pad terug in ‘n ongeluk betrokke was.

By ’n verkeerslig in Tom Jonesstraat het ’n bestuurder van die kant af oor die rooi lig gejaag en die Coupé aan die bestuurskant getref.

Die bestuurder het daarna weggejaag, en alhoewel ‘n paar ooggetuies hom agternagesit het, kon die persoon daarin slaag om weg te kom.

“Die skoumotors het nie veiligheidsgordels nie, en die deur het oopgegaan toe die ander voertuig ons tref,” het Bart vertel.


‘n Ander blik op die skade wat berokken is. Parte vir hierdie voertuig is skaars en baie duur.

“Ek het amper uitgeval en aan die stuurwiel vasgeklou om myself weer op te trek,” het Bart verduidelik.

“Ons is albei beseer. Ek is vol blou kolle en het my skouer beseer en Piet het sy hand seer gemaak, maar dit alles darem net oppervlak beserings,” vertel hy verder.

Nooddienste was gou op die toneel en beide mans is na die hospitaal geneem.

Die kersie op die koek is dat die prag motor vroeër in die dag nog in die vertoonlokaal van Consolidated Auto Ford in Boksburg uitgestal is, en nou het dit duisende rande se skade opgedoen.

Parte vir ‘n voertuig soos dié is skaars en baie duur, en vriende en kennisse van Bart en Piet probeer hard om die parte op te spoor om die voertuig te herstel.




LEES OOK: Bakkies are common targets for theft

LEES OOK: Increase in theft of motorkbikes in Ekurhuleni cause concern

Related Articles

 
Back to top button