Local newsNews

Potjiekos kompetisie sorg vir pret en vol mae

Van die kos was by Tweedy Park uitgedeel, en fondse ingesamel is aangewend om Brenthurst Huis vir Bejaardes te ondersteun.

Plankies Pub & Grill in Minnebron het onlangs ‘n potjiekos kompetisie aangebied om fondse in te samel vir Brenthurst Huis vir Bejaardes.

Walter Engelbrecht, die eienaar van Plankies en organiseerder van die kompetisie, het die kompetisie gewen en sy prysgeld van R1 000 geskenk ten bate van die fondsinsameling.

Chako paneelkloppers het ‘n kontant bedrag van R2 500 geskenk, en ander fondse is ingesamel deur die borde potjiekos te verkoop teen R80 ‘n bord.

Die fondse wat ingesamel is, is aangewend om kruideniersware aan te koop vir die tehuis.

Van die potjiekos, wat oorgebly het, is deur AfriForum se Brakpan-tak en ander vrywilligers by Tweedy Park Ouetehuis uitgedeel, waarvan daar omtrent 90 bakkies kos uitgedeel is.

Plankies het al in die verlede soortgelyke fondsinsamelingsprojekte gehou om kinderhuise te ondersteun, en beoog om weer in Junie so geleentheid te hou.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button