Local newsNews

Kinderhuis benodig warm komberse

Die huis is tans ‘n veilige hawe vir 20 kinders.

Mother’s Nest, wat te Pienaarstraat 19, Brenthurst geleë is, is al vir meer as 30 jaar ‘n veilige huis vir mishandelde kinders.

Daar word tans 20 kinders tussen die ouderdom van sewe en 18 jaar gehuisves. Met die winter wat nou ‘n werklikheid is, is daar ‘n groot behoefte aan warm komberse vir die inwoners.

“Ons het dringend komberse vir ons kinders nodig maar ons sal ook uitreik na bejaardes in nood en indien ons meer ontvang as wat nodig is, sal ons dit graag deel,” het Bonita Roast van Mother’s Nest gesê.

Persone wat hul weg oop sien om komberse te skenk kan vir Roast kontak by 078 541 7054 kontak of die komberse na by Mother’s Nest neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button