Local newsNews

Kuier saam met Hannon by Die Anker

Die geleentheid is gereël om fondse in te samel vir die opknap van die skoolsaal.

Hoërskool Die Anker bied op 2 Augustus ‘n optrede aan met Hannon, die ‘Glam Guru’, vanaf 17:30 vir 18:00 by die skool.

Die optrede is ‘n fondsinsamelingsprojek van die skool se hoofdogter, Nachalee Creser, om die skoolsaal op te gradeer.

Nachalee, ‘n Hannon ambassadeur en Miss Teen World South Africa 2023 is baie betrokke in liefdadigheidswerk.
Kaartjies is R200 en sluit die sitplek, maaltyd, drinkgoed en optrede deur Hannon in.

Almal is welkom. “Dit is nie net vir vrouens nie,” het Tertia Rudolph, een van die organiseerders gesê.

Persone wat meer inligting verlang of kaartjies wil koop kan vir Tertia by 060 546 8637 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button