Local newsNews

Voetgangers van selfone beroof

Die rowers het in beide gevalle wapens gebruik om die selfone te roof.

Drie voetgangers is die afgelope naweek in twee afsonderlike voorvalle van hul selfone beroof.

Vrydagoggend was ‘n persoon om ongeveer 09:40 op die hoek van Prince George- en Queenlaan besig met sy selfoon toe hy van agter deur twee mans genader is.

Een van die mans het hom met ‘n mes op die skouer getik en beveel dat hy sy selfoon moet oorhandig.

Volgens inligting is die selfoon uit die voetganger se hand gepluk waarna die twee verdagtes te voet gevlug het.

Die waarde van die foon is R1 600.


LEES OOK: Motorfietsryer beroof na hy kabel oor pad tref


In die ander voorval, wat Sondagaand ongeveer 19:55 plaasgevind het, was twee voetgangers die teiken van selfoondiewe wat dié keer vuurwapens gebruik het.

Twee vriende het in Prince Georglaan geloop en toe hulle by Derbylaan kom is hulle deur twee mans, wat beide vuurwapens gehad het, gekonfronteer.

Die rowers het hul selfone en kontant geëis waarop die slagoffers aangedui het dat hulle nie kontant het nie.

Beide se selfone is afgeneem waarna die rowers in ‘n wit voertuig geklim en weggery het.

Die waarde van die twee selfone is onderskeidelik R4 000 en R2 500. Beide die voorvalle is by die SAPD aangemeld en word ondersoek.



LEES OOK: Voortrekker business burgled, thieves got in through the roof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button