Sonneveld Akademie drama klub ryg hoë punte in by Con Spirito
Die vier toneelstukke is vir die aanlyn afdeling ingeskryf en het almal A+++ toekennings ontvang.
Sonneveld Akademie se drama klub, Drama Dinamika, het Saterdag aan die Con Spirito aanlyn drama afdeling deelgeneem met vier toneelstukke, waarvan drie 97 persent en een 96 persent ontvang het.
Die tonele is Oumas met Oemf, Terapie, Vlug van Vrees, en Appie Opleiding. Vlug van Vrees het die 96% punt behaal.
Die tonele is opgevoer deur Sonneveld se hoërskool leerders, Graad agt tot 11, en die groep jong akteurs het ‘n hegte band gesmee.
Volgens Marlizelle Burger, een van die leerders, was die lekkerste deel van die hele proses om met haar mede-akteurs te sit en oor allerlei dinge te praat tydens oefeninge.
Die groep word beskryf as ‘n groep wat goed saamgekom het en mekaar se belange op die hart dra.
Hulle neem, op 16 Augustus aan die Del Arte Kunswedstryd plaas.
LEES OOK: Dalwers wen by wetenskap skou
LEES OOK: Sonneveld Akademie eer top akademiese presteerders







