Behoeftige kinders sal baat vind by dié twee projekte
Die twee projekte is jaarlikse projekte van B4B, wat nou onder Soul Outreach se vandel hul werk voortsit.
Brakpan4Brakpan (B4B) het in 2022 met Soul Outreach and Upliftment Centre saamgesmelt, maar sekere van B4B se projekte, soos die gemeenskap Kersboom en die terug skool toe projekte duur voort onder die vaandel van B4B.
Soul Outreach en B4B samel reeds donasies in vir dié twee projekte en persone wat belangstel om skenkings te maak kan dit na Hamiltonlaan 118 neem.
Vir die Kersboom beoog B4B om vir 200 minderbevoorregte kinders ‘n spesiale Kersfees geleentheid op 15 Desember aan te bied.
Vir dié doel word daar 200 van elke item wat benodig:
Dit sluit in broodrolletjies, worsies, kolwyntjies, tamatiesous, servette, toiletware vir kinders, skoenbokse wat reeds oorgetrek is, speelgoed en lekkergoed pakkies. Die kos items kan uit die aard van die saak eers nader aan die tyd geskenk word.
Die organiseerders wil ook graag vir die kinders springkastele en vermaak reël vir die dag, in ‘n poging om dit onvergeetlik te maak.
Die terug skool toe projek het reeds 98 pennesakkies, maar daar is ’n behoefte aan, gebruikte of nuwe skooltasse, klere, skoene, en nuwe kleurpotlode, grys potlode, uitveërs, skerpmakers, liniale, gom, skêre en blou penne.
Ouers wat aansoek wil doen vir hul kinders om te baat by die terug skool toe-projek kan forms bekom by Hamiltonlaan 118.
Persone wat kontant wil skenk sal ‘n 18A form vir vir belastingdoeleindes ontvang. Belangstellendes kan die organiseerder van die twee projekte, Belinda Stickling, skakel by 076 167 4328.
LEES OOK: Tips – Protect your money when buying used cars
LEES OOK: Access to healthcare services important in the fight against HIV/Aids



