
Marie Collings, Brakpan-sentraal skryf:
Omgee is eintlik ‘n selfstandige naamwoord, jy het dit of jy het dit nie. Toe my ouma, Ella Meyer onlangs siek geraak het, het ek paniekerig geraak. Toe bel ek my sekuriteitsfirma en hulle ontbied ‘n ambulans.
Binne 15 minute was die ambulans hier, en die een paramedikus was so gemanierd, en het so mooi met ouma gepraat. Daarna het die ander twee vroue ingekom met die draagbaar, en hulle het ouma op die draagbaar gelaai.
Hulle het die hele pad mooi met haar gepraat en haar goed hanteer, en sy is vinnig hospitaal toe vervoer.
Ek het die man gevra: “Droom ek? moet ek myself knyp?” en vir hom vertel dat dit voel of ek in ‘n eerste-wêreld land is en nie Suid Afrika, of selfs Brakpan nie.
Dit het gevoel of ek in New York op die televisie is; hulle het ouma so goed hanteer.
Die diens by die hospitaal was ook verby puik. Ek kan nie sê hoe dankbaar ek is nie, hulle het haar so mooi opgepas.
Ek wil baie graag dankie sê aan die span van die ambulansdiens: Tauriq Mohammed, Melissa Hulley en Keabetswe Maotwe, asook my bure; Mamsie Posthumus en Belinda Eckstein.
LEES OOK: No injuries in mall fire
LEES OOK: Help revive the SPCA’s farmyard



