Dalviewer van die Jaar verstom met haar sport prestasies
Sy vaar nie net goed op sportgebied nie, maar ook in akademie en kultuur.
Trinity Henning, ‘n Graad Sewe leerder aan die Laerskool Dalview, wat ook onlangs aangewys is as Dalviewer van die Jaar, blink uit op elke sportgebied waaraan sy deelneem, en daar is baie van hulle.
Die jong atleet kan glad nie stilsit nie, en neem deel aan soveel sport aktiwiteite dat sy soms, tussen oefen sessies, in haar ouers se voertuig moet aantrek.
Boonop doen sy ook goed in akademie, sowel as op kultuurvlak.
Haar ma, Lucelle Goosen, het tong-in-die-kies vertel hoe sy al vir Trinity gesmeek het om te rus, of minder aktiwiteite aan te pak, want sy is bekommerd dat ander ouers mag dink sy druk haar kind te hard, maar Trinity het sterk geweier.
Trinity se rede: “Ek wil nie onfiks word nie.”

Die sportiewe kind is seker mees bekend vir haar atletiek, waar sy spiesgooi, landloop, tweekamp, driekamp, en laser run doen onder die Irun Athletics Club.
Sy doen ook verskeie atletiek items vir die skool, sowel as swem, tennis, hokkie en netbal, en dan nog redenaars, kunswedstryd asook revue en sanggroep.
Akademies doen sy ook baie goed, en het sy op Dalview se onlangse prysuitdeling ‘n lourier prys ontvang vir akademie. Dit is die hoogste toekenning wat ‘n leerder kan ontvang by Laerskool Dalview.
Trinity versamel ook teddiebere, sowel as balle, maar het nog nooit veel van ‘n pop gehou nie. Sy was ook lid van haar skool se koor en haar kalender is so volgeprop dat hulle eers moet kyk of sy spasie het wanneer sy genooi word na ‘n partytjie of ‘n kuier.
ALSO READ: Get into the spirit of Christmas at Emperors Palace
ALSO READ: Re-registration plan for spaza shops unveiled




