Woon Geloftediens tradisie in Klipkerk by
Vanjaar word die Geloftediens om 09:00 weer by dié kerk gehou, gelei deur dominee Janré van Jaarsveld van die Gereformeerde Kerk.
Reeds etlike dekades is dit die gebruik in Boksburg om op 16 Desember ’n Geloftediens te hou en belangstellende lidmate van al die kerke in en om Boksburg is welkom om dit by te woon.
Die leraars van die verskillende Afrikaanse kerke kry om die beurt die geleentheid om die jaarlikse Geloftediens waar te neem.
Volgens Alta Prinsloo is goeie samewerking in hierdie verband nog altyd verkry en die ondersteuning van hierdie geleenthede, deur die verskillende kerke se lidmate, is verblydend.
“In die vroeë 1960s is daar met die aanbieding van die Geloftedienste afgeskop deur dit vroegoggend om 05:00 by Prince George Park se sportterrein aan te bied,” het Prinsloo vertel.
Vanaf 2001, toe die terrein nie meer vir hierdie doel beskikbaar was nie, is die verrigtinge in die skoolsaal van Hoërskool Dr EG Jansen voortgesit.
LEES OOK: André The Hilarious Hypnotist delights guests
Vanaf hierdie jaar, word die Geloftediens jaarliks by die geskiedkundige NG Kerk Moedergemeente (Klipkerk) in Voortrekkerstraat aangebied.
Vanjaar word die Geloftediens om 09:00 weer by dié kerk gehou, gelei deur dominee Janré van Jaarsveld van die Gereformeerde Kerk.
Daar gaan vooraf, vanaf 8:40, hartlik saamgesing word.
’n Kollekte sal na afloop van die erediens opgeneem word vir die Klipkerk Bewaringsfonds. ‘n Skenking aan die motorwagte sal ook welkom wees.
Daar sal weer ook na die afloop van die diens tee en koffie met beskuit en ‘n broodjie bedien word. Verder sal daar ook drie stalletjies wees wat pannekoek, boerworsrolle en burgers te koop sal aanbied.
LEES OOK: Wen ‘n lekker prys met jou Kersfees foto



