Local newsNews

Just Wheels bring vreugde aan 300 bejaardes

Die klub se veteraan 1934 brandweerwa, Dennis, is ingespan om die geskenkpakke af te lewer aan inwoners van die Tweedy Park Kompleks, Ebenhaeser en Eventide.

Lede van die Just Wheels Motorklub asook talle vrywilligers het gedurende Desember hard gewerk om toe te sien dat 300 bejaarde inwoners van die dorp, net voor Kersdag ’n geskenkpak ontvang het.

Die klub se veteraan 1934 brandweerwa, Dennis, is ingespan om die geskenkpakke af te lewer aan inwoners van die Tweedy Park Kompleks, Ebenhaeser en Eventide.

Alhoewel gietende reën op 23 Desember die reëlings so effe gekniehalter het, was daar geen keer aan die opgewonde span wat die uitdeel werk behartig het nie.

“Daar was glimlagte en selfs trane van vreugde. Die absolute waardering het alles die moeite werd gemaak,” Bart Zaayman van Just Wheels gesê.


ALSO CHECK: Gallery: ExED Private School close off 2024 on a high note


Die borge van die geskenkpakke, vir mans en vroue, was geborg deur Just Wheels, Benn’s Apteek, Wheel Technology Consultants, Michael Manley die Vroue Landbou-unie, CP Security en Just Branding.

Sandra Viljoen en Sue van der Walt was verantwoordelik daaroor om alles bymekaar te kry en die verpakking te doen.
Op die dag was Pieter Cloete agter die stuur van Dennis met Joan van der Mescht as mede-bestuurder.

Vrywillige ‘elfies’ en ‘kabouters’ het gehelp om die geskenke vir bejaardes, wat nie self hul pakkies in ontvangs kon neem nie, na hul wonings of kamers te neem.

“Just Wheels pak elke jaar ‘n groot gemeenskapsprojek aan. In 2023 was dit ons kinder bederfdag en in 2024 het ons op die bejaardes van die dorp gefokus,” het Zaayman verduidelik.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button