Local newsNewsSchools

Tweeling wys staal op sportveld en baan

Die twee neem aan 'n magdom aktiwiteite deel, en het klub atletiek bygevoeg in die vorige jaar.

Megan Ann en Caleb Roberts (11), ‘n tweeling wat vanjaar met Graad Ses begin by die Laerskool Dalview, is albei kranige atlete wat verlede jaar as die senior landloop atlete van die jaar tydens die skool se prysuitdeling geëer is.

Die tweeling is opgewonde oor die jaar wat voorlê maar kyk ook trots terug op wat hulle reeds vermag het.

Albei hardloop landloop, wat drie kilometer behels, en beide neem deel aan die 1 200m atletiek item. Caleb speel ook rugby en Megan Ann woeker op die netbalbaan en hokkieveld.

Sy doen boonop vêrspring, hoogspring, 150m hekkies, 80m en 100m naellope en huiwer ook nie om haar kant in die swembad te bring nie.

Dié boetie en sussie bid voor elke wedloop, ‘n gebaar wat vir hulle belangrik is. Hulle is ook vanaf Graad Drie deel van die skoolkoor.


LEES OOK: Local organisation treats senior citizens


Beide beoefen landloop vanaf Graad Drie en hulle het verlede jaar aangesluit by Irun atletiekklub onder afrigter Jared de Waal.
Hulle het ook verlede jaar met tweekamp begin, en goed gevaar.

Die twee het in Groter Brakpan en D5 atletiek medaljes gewen, en in klub atletiek deurgegaan na die CGA kampioenskappe, waar beide onder die SA tyd gehardloop het.

Caleb se grootste inspirasie is sy vriend JP van der Berg, wat verlede jaar by die UIPM Laser Run World Championships in die o19 afdeling ‘n eerste plek behaal het. (Anker leerder is Laser Run Wêreldkampioen, June 20, 2024).

Megan Ann se inspirasie is haar pa, Martin Roberts, en die Here. Vir Caleb was sy grootste hoogtepunt om die D5 landloop te wen, en die 1 200m in 4:01 minute te hardloop.

Hy wil graag eendag ‘n langafstand wêreld kampioen wees. Megan Ann was tweede in die D5 kampioenskap, met ‘n tyd van 4:11 minute.



LEES OOK: Gallery: ExED Private School close off 2024 on a high note

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button