Local newsLocal sportNewsSport

Brakpan draf Saterdag uit vir super liga kragmeting teen Grizzlies

Rugbyseisoen skop af.

Die Brakpan Rugbyklub draf Saterdag teen die Grizzlies uit in die eerste wedstryd van die Castle Super Liga kragmeting op die Bosman Stadion.

Fasiliteite by die Brakpan Rugbyklub is aansienlik verbeter en besoekers kan uitsien na ’n genotvolle middag en aanskoulike rugby.

Die o21 span skop om 13:00 uur af op die A-veld en die derde span om 13:00 op die B-veld.

Die tweede span wedstryd begin om 14:30 op die A-veld en die eerste span se kragmeting teen die Grizzlies begin om 16:00 op die A-veld.

Toeskouers kan uitsien na ‘n Caste Corner, verskeie pryse wat deur die loop van die dag gewen kan word, kos stalletjies en goeie rugby.

Die toegangsfooi R20 per persoon en R30 per voertuig.

“Ons nooi die publiek, maar veral die inwoners van Brakpan uit om die Brakpan spanne te ondersteun,” het die nuutverkose voorsitter van die Brakpan Rugbyklub, Frikkie Bosman gesê.

Lees ook: Brakpan Rugbyklub stel nuwe bestuur aan vir opwindende 2025 seisoen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Stacy Slatter

News editor Stacy Slatter is a seasoned journalist with 20 years of experience in community news. Throughout the years, she has covered a wide range of topics, from crime, municipal news and human interest stories, to sports and community events. Stacy also has extensive sub-editing experience.

Related Articles

Back to top button