Pasgebore baba soos gemors in sak onder boom gelaat, sterf ‘n dag later
Twee hawelose mans het verby die sak geloop en toevallig gesien dat daar 'n beweging in die sak was.
’n Pasgebore baba wat Vrydagmiddag onder ’n boom in ’n vuil gebruikte swart vullissak gelaat is, is Saterdag in die hospitaal oorlede.
Die skok ontdekking het inwoners verstom en woedend gelaat en het selfs daartoe gelei dat die babatjie, wat net een dag gelewe het, ’n naam van die persone wat hom gered, het gekry het.
Die seuntjie is George genoem, na aanleiding van die feit dat hy voor ’n woning in Prince Georgelaan, ‘n pad wat heeltyd verkeer dra, ontdek is.
’n 46-Jarige vrou (sy het versoek dat haar naam nie gepubliseer word nie), wat daar naby woon, het aan die Herald vertel dat sy en haar seun Vrydagmiddag net uit hul erf wou ry toe hul deur twee mans, wat haweloos voorgekom het, voorgekeer is.
“Ek het eers vir my seun gesê om te ry maar toe hoor ek een van hulle sê iets van ’n baba in ’n sak onder ‘n boom. Ek ek dadelik gaan kyk en die baba in ’n gebruikte swartsak gevind,” het die vrou vertel.
“Die naelstring en plasenta was steeds aan hom geheg. Ons het die nooddienste gekontak en terwyl ons vir ’n ambulans gewag het, het ek net gepoog om die seuntjie warm te hou.”
Nadat hulp opgedaag het, is die pasgebore baba eers gestabiliseer voordat hy na ’n hospitaal vervoer is.
“Op daardie stadium het dit vir my gelyk asof die kindjie goed reageer en het hy selfs kleur gekry,” het die vrou vertel,Sy het Saterdag na die hospitaal gegaan om na die welstand van die kind te verneem.
“Ek is goed ontvang maar kon nie die seuntjie sien nie, aangesien hy op daardie tydstip na die hoësorg-eendheid oorgeplaas sou word.
“Ek is ook meegedeel dat dit op daardie stadium nie goed gegaan het met die baba nie. Ek het teruggekeer na my huis en net voor 15:00 ’n oproep van die hospitaal ontvang waartydens ek meegedeel is dat die baba oorlede is,” het die vrou gesê.
Volgens haar was dit nie eens ’n skoon sak waarin die baba geplaas is nie.
“Dit was beslis ’n gebruikte sak en daar was stukkies gemors daarin.”
Die vrou, met die hulp van bure, het gister ’n blou blommekrans met ’n paar blou baba skoentjies gemaak en aan die boom, waaronder die baba gevind is, gehang.
Die woorde “Baba George” asook die datum wanneer hy gevind is (07-03-25) en wanneer hy oorlede is (08-03-25) is op ’n houtkruis aangebring.
Die voorval is by die Brakpan SAPD aangemeld en word ondersoek.
Enige persoon met inligting word versoek om die Brakpan Polisiestasie te kontak by 011 744 4111.
LEES OOK: Ignored water leak leaves Sunair Park residents with soaring bill
LEES OOK: New Brakpan SAPS station commander chairs her first monthly stakeholders meeting



