Local newsNews

VLU lede raak kunstig met papier

Die tak het 'n algehele tweede plek by die onlangse Goudrifstreek konferensie behaal.

VLU Brakpan-tak het op 11 Maart, by die Just Wheels Motor Klub bymekaargekom vir hul maandelikse vergadering, waar lede ook meer van die kuns van papier ‘quilling’ te wete gekom het.

Papier ‘quilling’ is kunsvorm waar dun stroke papier gerol, gevorm en aanmekaar geplak word om dekoratiewe ontwerpe of beelde te skep.

Dié leersame en interessante demonstrasie is deur Candice Hamman aangebied.

Die Brakpan-tak het by die onlangse Goudrifstreek konferensie ‘n tweede algehele plek behaal; ‘n prestasie waarop almal baie rots is.

Dié jaarlikse konferensie het onlangs in Nigel plaasgevind. Die volgende vergadering vind 8 April plaas. Op 3 Mei vier die streek ‘n vrouedag met Rolkem, ‘n voedselkleursel maatskappy, in Babsfontein.




ALSO CHECK: New deputy principal ready to make a lasting difference

 ALSO CHECK: Latest stats: Brakpan still plagued by serious crimes

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button