Local newsNews

Verlamde vrou fasiliteer skoonmaak van park in Dalview

Sy het die fondse ingesamel om die parkie te sny en skoon te maak.

Dianne Fourie (48), ‘n inwoner van Dalview, het dit onlangs weer op haar skouers geneem om fondse in te samel en mense te huur om die parkie oorkant haar huis in Brodiganlaan se gras te sny en skoon te maak.

Dit is nie die eerste keer dat sy so ‘n projek aanpak nie. Dianne is op 13 April al 13 jaar verlam, na ‘n gru-ongeluk by die duikweg in Stoffberglaan, en voel dit is haar roeping om mense te help en aan te spoor om goeie dade te doen.

Voor sy besluit het om weer self die parkie aan te pak het sy en haar bure formele klagtes ingedien by die Stad van Ekurhuleni, wat afgesluit is sonder dat enige werk gedoen is om die parkie se gras te sny.

Uit frustrasie, en weens die gevaar wat die parkie inhou vir al die inwoners in die gebied, het Dianne besluit om fondse in te samel om ‘n trekker te huur om die gras te sny, en vir mense om vullis op te tel en te verwyder.


Na die gras gesny is, het die park baie beter gelyk.

Met die skoonmaak het hulle juis moontlike gesteelde kabels gevind wat, na bewering, deur kriminele in die lang gras weggesteek is.

Volgens Dianne, wat dieselfde gedoen het ‘n jaar gelede, het sy ‘n oproep op die gemeenskap in Dalview gedoen om by te dra, en die fondse is binne drie dae ingesamel.

“As ons mense net saam staan kan ons enige iets doen. Ek kan daarvan getuig, en ek weet dat as ons elkeen net verantwoordelikheid vat van ons eie stukkie sal die dorp heeltemal anders lyk,” het sy gesê.

“Maureen Martinussen het baie gehelp die keer. Indien ek kon loop het ek self ‘n rantsnyer gegryp en begin sny. Ons almal moet help sovêr ons kan.”




ALSO CHECK: SASSA card transition still continues

ALSO CHECK: Solidariteit Helpende Hand bied studielenings aan vir Ankers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button