Local newsNews

Help Brakpan DBV om diere warm te hou

Skenkings van komberse, skadunet asook waspoeier sal baie welkom wees.

Die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ’n versoek aan die gemeenskap gerig om komberse te skenk om die diere teen die koue wintermaande te beskerm.

Met temperature wat begin daal, is dit nodig om vroegtydig voorsorg te tref. Die DBV benodig spesifiek komberse en hondebaadjies vir die diere wat op die perseel gehuisves word.

Die komberse word gebruik vir die katte, honde, asook plaasdiere.

“Ons probeer elke winter om seker te maak dat al ons diere warm en gemaklik bly, maar ons kan dit nie alleen doen nie,” het ’n woordvoerder van die Brakpan DBV gesê.

“Ons was die komberse op ’n baie gereelde basis, en daarom is dit nodig dat ons ’n goeie voorraad het. Skenkings van waspoeier sal ook baie welkom wees, en skadunet is ook iets wat ons gebruik om die wind en koue af te keer,” het die woordvoerder bygevoeg.

“Ons is afhanklik van die gemeenskap se ondersteuning en is altyd dankbaar daarvoor.”

Skenkings kan afgelewer word by die DBV se perseel in Brakpan, Denneweg 96.



LEES OOK: Striking EMPD officers face pre-dismissal action

LEES OOK: Calling all runners: Sign up for the Comrades Long Run

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button