Brief: Seun se onverwagte goedhartigheid is ‘n riem onder die hart
‘n Jong seun in skooldrag (ek kan ongelukkig nie sê van watter skool nie, want hy was net geklee in ‘n grys broek en wit hemp) was besig om saam met sy ouers na hul voertuig te stap.
Lalie Gouws skryf per e-pos:
Net toe my gemoed oor die land ‘n algehele laagtepunt bereik het, het dit Vrydagmiddag ‘n groot hupstoot in ‘n positiewe rigting gekry.
Ek en my twee dogters was gou by ‘n winkelsentrum en besig om uit ons voertuig te klim. ‘n Bejaarde egpaar (ek skat hulle in hul tagtigs) het uit die winkelsentrum gestap, elk met twee sakkies in hul hande.
‘n Jong seun in skooldrag (ek kan ongelukkig nie sê van watter skool nie, want hy was net geklee in ‘n grys broek en wit hemp) was besig om saam met sy ouers na hul voertuig te stap.
Die seun het, sonder enige opdrag van sy ouers, na die bejaardes gedraf en aangebied om hul pakkies na hul motor te dra.
Die bejaarde man het eers gesê dat dit nie nodig is nie, maar het tog die sakkies oorhandig. Ek kon hoor hoe die twee die seun bedank, en hy het vriendelik vir hulle gesê dat dit ‘n groot plesier was.
Selfs my twee dogters (11 en 13 jaar oud) het gesê dat ‘n mens dit nie meer aldag sien nie. Die jong man het sommer my dag én naweek gemaak. Ons dorp en land het meer sulke mense nodig.
ALSO CHECK: SASSA dismisses false claims about double grants and pension changes
ALSO CHECK: Sonneveld toddler (4) fights rare cancer: Fundraiser today to support her journey



