Local newsLocal sportNews

Brakpan Rugbyklub oorheers Benoni in Valke Peregrine Liga kragmeting

Brakpan se volgende wedstryde is teen Nigel

Brakpan Rugbyklub het Saterdag teen Benoni gespeel in die Valke Pergrine Liga en met goeie oorwinnings terug gekeer huis toe.

Die eerste span het ‘n weghol oorwinning van 71-0 behaal.

Die tweede span het met 60 -8 gewen en die o-21’s het ‘n wen van 19-16 teen Benoni aangeteken.

“Ons is tevrede met al die uitslae en voel dat die klub nog steeds op koers is in 2025,” het die klub voorsitter Frikkie Bosman gesê.

Brakpan se volgende wedstryd is Saterdag teen Nigel weg en slegs die eerste- en tweede spanne sal in aksie wees.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button