Local newsLocal sportNews

Brakpan rugbyspanne oorheers Benoni in Valke Peregrine Liga

Brakpan eerstes, tweedes en o21-span het Saterdag in Benoni skoonskip gemaak tydens die tweede ronde van die Valke Peregrine Liga.

Benoni het Saterdag geen antwoorde gehad vir die begeesterde en goed voorbereide spanne van Brakpan nie.

Dié twee klubs het in Brakpan meegeding in die tweede ronde van die Valke Peregrine Liga.

Benoni was eenvoudig nie opgewasse teen die krag van Brakpan nie, en die Brakpan eerstespan het ’n indrukwekkende oorwinning van 97-0 behaal.

Brandon Swart het vier keer agter die doellyn gaan kuier vir die eerstes, terwyl Franco Booysen as speler van die wedstryd aangewys is.

Ook Brakpan se tweede span het oortuigend gewen en hul wedstryd met ’n telling van 85-0 afgerond. Johan Britz is as die speler van die wedstryd aangewys.

Die o21-span het hul wedstryd met 55-21 gewen. Lynghe Pretorius is vir sy uitstaande spel as speler van die wedstryd aangewys.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button