Local newsNewsSchools

Hoërskool Die Anker toneelspan staan reg vir Allegretto en ATKV Tienertoneel

Die span sal drie toneelstukke opvoer vir die FAK Allegretto Toneelfees.

Hoërskool Die Anker se toneelspan is opgewonde om hierdie jaar weer aan die FAK Allegretto Toneelfees, wat gedurende Julie plaasvind, deel te neem.

Die toneelspan, wat bestaan uit 15 leerders tussen graad 8 en 12, word afgerig deur Manie Le Corrè. Manie is ook die skrywer en regisseur van al drie tonele wat hierdie jaar op die planke gebring word.

Die toneelstukke is:
• Keuses, ’n drama wat handel oor die moeilike besluit wat ’n jong tienerdogter moet maak ná ’n oomblik van swakheid en passie en die gevolge wat daarna volg. Een besluit kan ’n lewe verander. Een besluit kan ’n lewe verwoes. Johannè van Wyngaardt, Abigail Botha, Trinity Henning, Adelaide du Preez, Jano Havenga en Tyla Nel dra hierdie storie oor aan die gehoor.

• Kersfees is ’n komedie wat handel oor familieskandes, ’n kamera en droë hoender. Dominique Duvenhage, Caileen Fella, Ameli Muller, Michelle Combrink, Line Brits, Armand Diedricks en Hennie Krause gaan die gehoor beslis aan die lag laat gaan hierdie toneelseisoen.


LEES OOK: Stemme van sukses, drie Arend redenaars gaan landsfinaal toe


• Lewe is ’n drama wat handel oor die verhouding tussen ’n broer en suster en ’n storie wat vir altyd in ’n palm geskryf sal bly. Mackayla Bousfield en Armand Diedricks gaan aan die gehoor se hartsnare trek gedurende hierdie produksie.

Hoërskool Die Anker se toneelspan nooi graag plaaslike laerskole, asook ons gemeenskap, uit om hierdie produksies op die verhoog te sien op die volgende datums:

• 21 Julie by die Allegretto Toneelfees word Kersfees opgevoer.

• Keuses en Lewe word op 28 Julie by die Allegretto Toneelfees op die planke gebring. Gedurende Augustus gaan hierdie span ook deelneem aan die ATKV Tienertoneelkompetisie wat in Pretoria by die UNISA Little Theatre plaasvind. Hier sal hulle op 26 Augustus Keuses en Lewe opvoer, terwyl Kersfees op 29 Augustus sal deelneem aan die Gauteng Streekfees.

Vir navrae oor kaartjieverkope kan FAK Allegretto Toneelfees sowel as die ATKV Tienertoneelfees se sosiale media dopgehou word. Die tegniese span bestaan uit die toneellede self, asook Auston Lombard en Manie Le Corrè.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button