Local newsNews
Laerskool Die Arend hokkie- en rugbyspelers speel by Rhino-week
Hulle was tydens die skoolvakansie deel van die toernooi.
Laerskool Die Arend het verskeie spelers wat oor die Julie vakansie aan die Rhino-week sporttoernooi deelgeneem het.
Jordan Fulton, Ayden Coetzee, Cade Olsson, Sion Erasmus en Julian Combrink was lede van die Vikings-span by die Rhinos en het gehelp om die o13-toernooi te wen.
Jordan, Cade en Sion is ook uitgenooi om saam met die SA-Rhinospan na Italiƫ te toer.
In die hokkie was Mikayla Smith deel van die o13-Avengers-span, wat algeheel tweede geƫindig het. Sy is vier keer aangewys as speler van die wedstryd.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




