Local newsNews

Jong Sonneveld leerders verwerf Ekurhuleni-kleure in trampolien gimnastiek

Die twee op en wakker sibbe werk hard in alles wat hulle aanpak.

Twee jong leerders van die Sonneveld Akademie het onlangs gekwalifiseer vir hul Ekurhuleni-kleure in trampoliengimnastiek.

Esti (Graad R) en De Wet (Graad Drie) Branders, is deel van die Masters Gymnasts Club in Brakpan en het dié prestasie behaal by die Ekurhuleni-kampioenskappe wat by die Kempton Binnenshuise Sportkompleks in Zuurfontein plaasgevind het.

De Wet kompeteer op vlak 3 en Esti op vlak 1. De Wet, wat al vir twee jaar kompeteer, en Esti, wat besig is met haar eerste jaar, geniet die dubbelmini trampolien item die meeste.

Hulle doen ook ‘black top’-trampolien gimnastiek. Voor vlak 4 kwalifiseer gimnaste met punte vir ’n medalje, eerder as om ’n plek te behaal.


De Wet en Esti Branders vaar goed op die tampolien maar blink ook uit op ander gebiede. PHOTO: Elna Branders.

Met dié stelsel kan daar verskeie kinders wees wat gelyktydig silwer kry, as hulle die aantal punte wat silwer oplewer, behaal het.

De Wet het gekwalifiseer vir silwer en Esti vir brons, en sodoende het hulle hul Ekurhuleni-kleure verwerf en die geleentheid gekry om aan die Gauteng-kampioenskappe deel te neem op 31 Augustus by die Matsport Sentrum in Centurion.

Hulle oefen tans elke Vrydagmiddag, aangesien De Wet op Maandag- en Woensdagaande rugby oefen by die Brakpan Rugbyklub, maar hulle beoog om daardie aande ook by die gimnasium aan hul trampolienvaardighede te werk.

Vir beide De Wet en Esti is die opwarming en strekoefeninge die moeilikste, maar hulle druk deur omdat hulle dit geniet.


LEES OOK: Women’s Day boxing tournament showcases skill, strength and elegance


De Wet het sy oog op die Olimpiese Spele in die toekoms, en Esti wil ’n professionele gimnas word.

“Sy hou daarvan om mooi te lyk met al die blinkers,” sê Elna Branders, die twee se ma.

Buiten die gimnastiek is die twee kinders bedrywig en hou hulle hul ouers op hul tone. De Wet neem ook deel aan die Valke o9 klubrugby, krieket en atletiek by die skool, en vaar goed akademies.

Esti dans by Phoenix Dance Studio, waar haar afrigter, Lisa Boucher, haar in moderne danse touwys maak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button