Local newsNews

Helpende Hand bied kans om droomvakansie te wen

Die publiek word aangemoedig om die inisiatief wyd te deel. Saam kan gemeenskappe versterk word- en een gelukkige wenner se droomvakansie wag.

Kan jy en jou gesin doen met ‘n vakansie?

Dan moet jy Solidariteit Helpende Hand Oos-Rand se opwindende veldtog ondersteun, waar inwoners uitgedaag word om betrokke te raak en ’n werklike verskil te maak.

Die persoon wat teen 30 November die meeste nuwe ondersteuners vir Helpende Hand Oos-Rand werf, staan die kans om ’n pragtige gesinsvakansie vir vier by die idilliese Udolpho Rivierplaas naby Parys te wen.

Die vakansie is ’n ruim skenking van Udolpho Rivierplaas en bied ’n unieke kans vir ’n gesin om te ontspan en nuwe herinneringe te skep, te midde van asemrowende natuurskoon.

Deelname aan die kompetisie is eenvoudig.Ondersteuners moet via ’n vorm geregistreer word en die inskrywings moet direk aan die organiseerders gestuur word.

Elkeen wat nuwe ondersteuners werf, kwalifiseer om deel te neem, en die ondersteuners word aangeteken onder hul onderskeie Helpende Hand-takke. Deelnemers mag ook hul netwerk betrek om hulle te help soveel moontlik name aan te teken.


LEES OOK: Multi-faceted operation targets taxis, liquor traders, illegal immigration


Belangrik is dat werwers self ook in aanmerking kom vir die vakansieprys. Die wenner van die kompetisie sal op 5 Desember aangekondig word.

Hierdie veldtog vorm deel van Helpende Hand se strewe om hul voetspoor in die Oos-Rand verder te versterk en meer mense by hul gemeenskapsontwikkelingsprojekte te betrek.

Volgens die voorsitter van Helpende Hand Oos-Rand, Annerie du Pisanie, maak elke ondersteuner ’n verskil, en hierdie projek stel deelnemers in staat om nie net betrokke te raak nie, maar ook beloon te word vir hul betrokkenheid.

Belangstellendes kan die streek se Facebook-blad besoek by www.facebook.com/HelpendeHandOosRandStreek vir meer inligting.

Vir inskrywingsvorms en navrae kan Sonet by 065 868 1887 gekontak word of per e-pos by sonet@helpendehand.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button