Local newsLocal sportNews

Brakpan Rugbyklub bring Panne 7’s Fest na Bosman Stadion

Die Bosman Stadion word op 22 November die tuiste van die Panne 7' Fest met rugbywedstryde, vermaak en genoeg kos en drinkgoed vir almal.

Rugbyliefhebbers kan uitsien na ‘n skouspelagtige dag van rugby wanneer die Brakpan Rugbyklub op 22 November ‘n Panne 7’s Fest aanbied.

Die sewes-toernooi sal op die Bosman Stadion gespeel word. Spanne kan nou reeds daarvoor inskryf.

Benewens vele rugbywestryde wat gespeel gaan word, sal daar vermaak asook genoeg kos en drinkgoed wees vir die besoekers om ‘n aangename dag te beleef.

“Ons nooi alle klubs uit om reeds nou hul spanne in te skryf,” het Frikkie Bosman, voorsitter van die Brakpan Rugbyklub, gesê.

Inskrywings kan gedoen word deur vir Charlise de Bruyn by 061 351 4335 te kontak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button