Eerste kompetisie na winter vir Verre Oos-Rand Hengelklub
Gemiddeld 9 vis per hengelaar by die maandelikse kompetisie.
Die Verre Oos-Rand Hengelklub het onlangs hul eerste naweek kompetisie na die winter gehou by Kollege Plaas, en hengelaars het ‘n gemmideld van nege vis per hengelaar ingetrek.
Die dag was baie suksesvol, met ‘n allemuntige aantal van 99 vis met ‘n gesamentlike gewig van 89.95kg wat ingetrek deur die 11 deelnemende hengelaars. Uitslae is as volg:
Penkoppe:
* Eerste plek: Arno Bekker vang ses vis vir 3.25kg.
* Tweede plek: Adriaan Muller vang twee vis vir 1.6kg.
Mans:
* Eerste plek: Pieta Bekker vang 33 vis vir 30.0kg, sowel as ‘n baber van 6.9kg.
* Tweede plek: Willem Zowitsky vang nege vis vir 8.4kg.
* Derde plek: Eddie Massyn vang nege vis vir 7.0kg.
Meesters:
* Eerste plek: Kobus van Zyl vang 22 vis vir 21.1kg.
* Tweede plek: Gert van Niekerk vang 12 vis vir 11.25kg.
* Derde plek: Mike van Dyk vang twee vis vir 1.0kg.
Die volgende kompetisie vind op 11 en 12 Oktober plaas by Ardenza naby Oranjeville en besoekers is welkom. Vir meer inligting, kontak Kobus van Zyl by 082 411 2669 by Pieta Bekker op 062 789 280.





