Local newsNews

Gemeenskap word genooi na Geloftediens by NG Klipkerk

Volgens Alta Prinsloo is daar nog altyd goeie samewerking in hierdie verband. Die ondersteuning van hierdie geleenthede deur die verskillende kerke se lidmate is verblydend, en die opkoms is besonders goed.

Reeds etlike dekades is dit die gebruik in Boksburg om op 16 Desember ’n Geloftediens te hou, waaraan belangstellende lidmate van al die kerke in en om die stad welkom is om by te woon.

Die leraars van die verskillende Afrikaanse kerke kry om die beurt die geleentheid om die jaarlikse Geloftediens waar te neem.

Volgens Alta Prinsloo is daar nog altyd goeie samewerking in hierdie verband. Die ondersteuning van hierdie geleenthede deur die verskillende kerke se lidmate is verblydend, en die opkoms is besonders goed.

“In die vroeë 1960s is daar met die aanbieding van die Geloftedienste afgeskop deur om 05:00 by die Prince George Park Sportterrein aan te bied,” het Prinsloo vertel.

Vanaf 2001, toe die terrein nie meer vir hierdie doel beskikbaar was nie, is die verrigtinge in die skoolsaal van Hoërskool Dr EG Jansen voortgesit.

Vanaf hierdie jaar word die Geloftediens jaarliks by die geskiedkundige NG Kerk Moedergemeente (Klipkerk) in Voortrekkerstraat aangebied.

Vanjaar word die Geloftediens om 09:00 weer by dié kerk gehou, gelei deur dominee Dawid Niebhure. Daar gaan vooraf hartlik saamgesing word vanaf 08:40. ’n Kollekte sal ná afloop van die erediens opgeneem word vir die Klipkerk Bewaringsfonds.

“Hierdie pragtige Klipkerk is vir ons baie kosbaar. Enigiemand kan ‘n bydrae maak tot die restourasie en instanthouding van hierdie historiese monument. Ons het reeds baie werk ingesit in die herstel. Jou bydrae kan ‘n groot verskil maak.”

‘n Skenking aan die motorwagte sal ook welkom wees. Daar sal weer ook na die afloop van die diens tee en koffie met beskuit en ‘n broodjie bedien word.

Vir meer besonderhede skakel Prinsloo by 082 612 0844.

Geloftedag
Geloftedag was ‘n openbare vakansiedag in Suid-Afrika wat jaarliks op 16 Desember gedenk is. Hoewel dit nou amptelik Versoeningsdag heet, vier party Afrikaners dit steeds as Geloftedag, in die gees van die gelofte wat in 1838 onder leiding van Sarel Cilliers afgelê is.

Op 16 Desember 1838 is 470 Voortrekkers deur ten minste 10 000 Zoeloes by Bloedrivier aangeval. Op die voorafgaande paar dae het die Voortrekkers daagliks ‘n gelofte afgelê dat indien God hulle sou help, hulle en hulle nageslag daardie dag soos ‘n Sabbatdag sal herdenk, en die eer van die oorwinning aan God gegee sal word.

In die daaropvolgende oorwinning is slegs enkele Voortrekkers lig beseer, waaronder hul leier, Andries Pretorius. Die slag staan bekend as die Slag van Bloedrivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Tayla Smith

Tayla writes general news for the Boksburg Advertiser. She joined the publication in 2019 as a junior journalist and was promoted to senior journalist in 2022.

Related Articles

Back to top button