Clean Brakpan-span spring in ná inbraak by die Laerskool Brakpan-Oos
Die span is reeds besig, en benodig ondersteuning om die werk te voltooi.
Die Laerskool Brakpan-Oos het skaars ’n week ná die sluiting vir die Desembervakansie die teiken van inbrekers geword, waartydens al die skool se toerusting gesteel is.
In plaas daarvan om toe te kyk, het die Clean Brakpan-span besluit om in te gryp en die skool se terrein reg te ruk sodat dit gereed kan wees vir die nuwe skooljaar.
Daar is gister (Woensdag) om 08:00 begin om die gras te sny en tuine op te knap.
Die span het egter steeds ondersteuning nodig, en selfs net ’n paar bottels koue water of koeldrank sal opreg waardeer word.
Ander donasies, soos brandstof vir die toerusting sal ook verwelkom word.
Die Clean Brakpan-span beoog om die projek binne die volgende twee dae af te handel.
Enigiemand wat wil help, kan skenkings by die skool te Madeleystraat 40 afgee, of bloot net opdaag om self hand by te sit.



