LettersLocal newsNews

Brief: Gemeenskapsbetrokkenheid by Tweedy Park verdien erkenning

‘n Terugblik op beter tye, met erkenning aan huidige pogings om Tweedy Park veilig en versorg te hou.

Beverly Smit skryf per e-pos:

Ons bly al vir jare in Brakpan en my ouers (hulle is oorlede) het jare gelede in een van Tweedy Park se huisies gebly.

Daardie jare was alles nog mooi en goed; hulle het lekker daar gebly.

Ek lees nou gereeld in die Herald oor die inbrake daar, die lang gras en hoe die ou mense moet sukkel.

Met hierdie skrywe wil ek dankie sê aan die mense wat steeds omgee en daar help met ligte, kameras en gras sny.
Dit is hartseer dat bejaarde mense so afgeskeep word, maar dit is goed om te sien dat hulle nie deur almal vergeet word nie.

Dit was altyd vir my lekker om vir my ouers te gaan kuier, want die plek kon deur ‘n ring getrek word.

Goeie oud dae wat ons nooit weer sal beleef nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button