Local news

Ondersteun Laerskool Brakpan-Oos se blikskud vir behoeftige gesinne

Besighede word uitgedaag om by te dra vir die Laerskool Brakpan-Oos se behoeftige leerders en gesinne.

Om te verseker dat die behoeftige leerders van die Laerskool Brakpan-Oos en hul gesinne nie agterweë bly nie, is die skool se hoof, William Daniels, bereid om self in te spring en ‘n blikkie te skud om fondse vir dié doel in te samel.

Daniels sal tydens die blikkieskud-aksie deur Riaan van Zyl ondersteun word.

Die twee sal saam met ander vrywilligers op Saterdag, 5 Desember, van 09:00 tot 12:00 by die kruising van Airport- en Heidelbergweg staan om skenkings in te samel.

Daarbenewens doen die skool ook ’n beroep op plaaslike besighede om hul harte oop te maak en by te dra deur donasies direk aan die skool te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button