Local newsLocal sportNews
Brakpan Ringbalklub gholfdag om die draai
Die formaat van spel by die Brakpan Ringbalklub se gholfdag is Mystery IPS, en afslaan is vanaf 11:15.
Brakpan Ringbalklub hou hul gholfdag fondsinsameling op 5 Maart by die State Mines Country Klub.
Afslaan is vanaf 11:15 en die prysuitdeling is om 18:00.
Die formaat van spel is Mystery IPS. Gholfkarre is beskikbaar op eie onkoste.
Die R1 500 vierbal sluit ‘n ligte aandete in, en daar is ook die geleentheid om ‘n putjie te borg teen R1 500, of ‘n vierbal en gat tesame teen R2 750.
Enige borge en pryse is welkom.
Vir navrae, kontak Corry Labuschagne op 060 961 9459.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



