Local newsNews
Agt Tweedy Park bejaardes bederf met visvang naweek
Die agt mense wat gaan visvang het, het baie vis ingetrek, en die naweek gate uit geniet.
Agt inwoners van die Tweedy Park-Kompleks het onlangs ’n heerlike visvangnaweek by die Vaalrus Recreation Resort in Barrage geniet, te danke aan die borgskap van Solidariteit Helpende Hand Brakpan, die oord en J&R Deli and Sweets.
“Dit was ’n onvergeetlike naweek waarin ons mekaar beter leer ken het en sommer baie lekker gekuier het. Die visse het goed gebyt, en ons het selfs ’n 5.1kg-karp gevang,” het een van die inwoners, wat anoniem wil bly, gesê.
Ander inwones wat die uitstappie meegemaak het is, Pieter Brits, Willie Wekks, Petro Brits en Pastoor Dennis Coetzee.
Pieter was verantwoordelik vir die vang van die indrukwekkende karp.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





