Dalvoetjies hou bokskarretjie optog vir atletiekdag
Die Dalvoetjies kleuterskool het Saterdag 'n atletiekdag gehou vir die kleuters, met 'n optog vooraf.
Dalvoetjies Kleuterskool by Laerskool Dalview het op 28 Februarie ‘n atletiekdag aangebied vir hul kleuter leerders om hul staal op die veld en baan te wys.
Daar was verskeie items soos naellope, behendigheidsuitdagings en speletjies vir die leerders om aan deel te neem.
Die hoogtepunt van die dag was vir die kleuters seker die optog na die beginpunt in hul bokskarretjies.
LEES OOK: Brakpan crèches meet at Curro Helderwyk for athletics day
Elke leerder het ‘n groot kartonboks gedra wat soos ‘n karretjie versier is, en om hul lywe gehang is sodat dit lyk of hulle die karretjies ry.
Die optog van elke klas, wat elk ook ‘n tema gehad het, het begin nadat die kinders hul karretjies “parkeer” het, maar ‘n paar het steeds hul karretjie probeer saamry om in die optog te verskyn.
Na die optog het die speletjies en kompetisies, in goeie gees en nie werklik kompeterend nie, begin, wat die kinders besig gehou het en ouers vermaak het.




