Local newsNews
Laerskool Môrewag hoofdogter reik uit na behoeftige leerders met skenking van skoene
'n Groot deel van die skoolskoen skenking is deur Adno's gemaak, maar sy het ook baie ingesamel by familie en vriende.
Miamay Marais (13), hoofdogter van Laerskool Môrewag, het onlangs 34 pare skoolskoene ingesamel om behoeftige kinders by die skool warm voete te gee voor die winter aanbreek.
Tien pare is deur Adno’s uitgereik, terwyl die res deur vriende en familie bygedra is.
“Ek het dit gedoen omdat ek ’n verskil wil maak in die skool en seker wil maak dat die kinders se voete warm bly vir die winter. Elke leerder presteer beter wanneer hulle goed versorg word,” het sy gesê.
Sy het ook haar dank uitgespreek teenoor Adno’s vir die ruim skenking.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






