Local newsNews
Dalwer vorder tot by SA’s
Díe Laerskool Dalview hoogspring atleet neem reeds deel by die SA kampioenskappe.
Die Laerskool Dalview atleet, Zenanté du Toit het verlede week ’n puik derde plek behaal in die o11 meisies se hoogspring item by die Gauteng-kampioenskappe in Germiston.
Met dié prestasie het sy haar plek verseker by die nasionale kampioenskappe in Kaapstad, wat Donderdag (19 Maart) begin het en vandag (21 Maart) tot ‘n einde kom.
Sy het ook haar persoonlike beste prestasie tydens die Gauteng-kampioenskappe verbeter en ’n hoogte van 1.33 m oorgespring.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



