Local newsNews
Brakpan skole ontvang hupstoot vir voedingskemas
Die Solidariteit Helpende Hand Brakpan tak se kosblikkie projek vir die jaar is afgehandel, met verskeie skole wat baat.
Verskeie skole van Brakpan het hul kosblikkiegeld, ‘n subsidie van Solidariteit Helpende Hand vir die skool se voedingskema, onlangs ontvang.
Elke skool het tussen R3 000 en R5 000 ontvang, te danke aan onbaatsugtige skenkers, wat elk ‘n 18A belastingsbrief ontvang het.
Vier skole in Brakpan en een kindersorg tuiste het kosblikkiegeld ontvang.
‘n Woordvoerder vir Laerskool die Arend, een van die begunstigde skole, het gesê: “Vreeslik baie dankie vir hierdie. Ons waardeer dit baie.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



