Local newsNews
Onbekende vrou betaal Brenthurst pensionaris se inkopies
’n 78-jarige Brenthurst-pensionaris is aangenaam verras toe hy ontdek sy inkopies is reeds deur ’n onbekende vrou betaal.
Leser skryf per e-pos:
My pa, ’n 78-jarige pensionaris van Brenthurst, het Dinsdag (21 April) na die Sherwood Gardens Pick n Pay gegaan om ’n paar benodigdhede te koop.
Toe hy by die kassiere kom om te betaal, is hy meegedeel dat sy inkopies reeds betaal is deur ’n vrou wat saam met hom in die ry gestaan het.
Hy weet nie wie sy is, wat haar naam is of waar sy vandaan kom nie, maar hy wil uit die diepte van sy hart vir haar baie dankie sê.
Dit is werklik bemoedigend om te weet dat daar nog mense is wat opreg omgee vir ander.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



