Ekurhuleni Oos Ringbal vereer spelers
Die prysuitdeling het 23 Mei plaasgevind waar spelers van die distrik beloon is vir hul harde werk.
Ekurhuleni Oos Ringbal het Saterdag 23 Mei hul jaarlikse prysuitdeling gehad waar verskeie ringbalspelers beloon is vir hul prestasies deur die jaar.
Pietman Scheepers en Vallerie van Tonder van die Springs Ringbal-klub is gekies om die distrik te verteenwoordig by die 2026 Ringbal Suid-Afrika-toernooi in Julie. Hulle is mnr en mej Ekurhuleni Oos Ringbal 2026.
Van Tonder het ook die trofee vir Senior Speelster gedeel met Welgedag se Dominique Chapman, met albei wat verlede jaar vir die Ringbal Suid-Afrika Uitnodigingspan gekies is en kapteins is vir hul klubs se Dames A-spanne.
Die toekenning vir Senior Speler van die Jaar het gegaan aan Xander Vorster van Springs, wat dit ontvang het van Sus Louw, die voorsitter van Springs en ontwikkeling van Ekurhuleni Oos Ringbal.

Die ander toekennings is as volg:
• Dames A-liga wenners is Springs A.
• Dames A-liga naaswenners is Welgedag A.
• Mans A-liga wenners is Springs A.
• Mans A-liga naaswenners is Brakpan A.
• Dames B-liga wenners is Brakpan B.
• Dames B-liga naaswenners is Springs B.
• Mees gevorderde skeidsregter is Seun Posthumus van Springs.
• Skeidsregter van die jaar is Sus Louw van Springs.
• Opkomende spanbestuurder is Tricia Taljaard van Welgedag.
• Spanbestuurder van die jaar is Dominique Chapman van Welgedag.
• Die o11–o13 subspeler van die jaar is Adriaan Botha van Springs.
• Die o11–o13 subspeelster van die jaar is Ziva Esterhuizen van Brakpan.
• Die o15–018 speelster van die jaar is Jolene Taljaard van Welgedag.
• Opkomende speler in die o20–o23-afdeling is Xavier Erasmus van Springs.
• Veterane- of meesterspeler is Wouter Boyens van Brakpan.
• Veterane- of meesterspeelster is Isobel Prinsloo van Brakpan.
• Sportpersoonlikheid van die jaar is Ashley Posthumus van Springs.

ALSO READ: Rescued dog undergoes spaying as recovery continues
ALSO READ: Jong Brakpan hengelaar gekies vir SA Varswater Oewerhengel-span



