Local news

Apteek samel duisende sanitêre doekies in

Die apteek hoop om teen die einde van Augustus meer doekies in te samel, om in die dorp te versprei.

Benn’s Apteek het sedert 1 Julie byna 20 000 sanitêre doekies aan skole en organisasies van die dorp geskenk.

Die apteek het op 1 Julie vanjaar ’n projek, The Doekie Donation Drive for Brakpan, van stapel gestuur en hoop om tot 31 Augustus, wanneer die projek tot einde kom, nog meer skenkings te kan maak.

“Dit is ‘n saak baie na die hart van ons hoofapteker, Elouise Duvenage, wat gereeld oproepe ontvang vir donasies van sanitêre doekies,” het Izelle Streicher (bemarking) verduidelik.

“Dit het gelei tot ons besluit om spesifiek Brakpan se publieke skole en liefdadigheidsorganisasies te help,” het sy bygevoeg.

Streicher het verduidelik hoe die konsep van die projek werk.

“Vir enige donasie wat deur ’n kliënt in die apteek gemaak word, deur middel van doekies te koop en te skenk, gee Benn’s Apteek ’n gelyke donasie.

“Alhoewel hierdie ‘n inisiatief van ons apteek is, is dit ’n gesamentlike poging van die hele Brakpan gemeenskap.

“Ons is baie dankbaar teenoor elke kliënt asook ander besighede wat ons tot dusvêr ondersteun het,” het Streicher gesê.


LEES OOK: Anker leerders troef mekaar tydens olimpiade


“Ons het tot op datum reeds 18 789 doekies in totaal afgelewer by 15 publieke laer- en hoërskole, sowel as by vier kinderhuise asook by 10 nie-winsgewende organisasies in Brakpan.

“Ons het met hierdie aflewerings ook eerstehands gehoor hoe groot die behoefte werklik is.”

Die publiek kan die projek nog tot 31 Augustus by die apteek, wat in Voortrekkerweg geleë is, ondersteun.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button