Local newsSchool sport

Groot rugby word Saterdag by Die Anker gespeel

Die Anker gaan in 2024 in die Shield-afdeling van die SDC Noordvaal kompetisie meeding.

‘n Opwindende dag van rugby vind Saterdag by Hoërskool Die Anker plaas wanneer die skool die die finale van die Noordvaal se Bowl-afdeling aanbied.

Dié dag is beklink met die eerste span se oorwinning van 49-3 in die semi-finaal teen Hoërskool Merensky. Die wedstryd het Saterdag plaasgevind.

Die Anker beleef ‘n uitstekende jaar op die rugbyveld en twee spanne sal Saterdag meeding om die Noordvaal Bowl-afdeling se trofee omhoog te lig.

Die eerste span gaan kragte meet teen Hoërskool Wesvalia en die o-14 span gaan te staan kom teen Hoërskool Pietersburg.

Die eerste span spog ook daarmee dat hul onoorwonne in vanjaar jaar se liga is.

Die Anker het ook reeds verseker dat hulle in 2024 gepromoveer word na die Shield-afdeling van die SDC Noordvaal kompetisie.


ALSO READ: Vitiligo Assist to host golf tournament

ALSO READ: Tennis coach pleads for sponsors




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

 
Back to top button