Local news

Diewe steel elektriese kabels by Laerskool Brakpan-Oos terwyl kerkdiens aan die gang is

Die inbrekers is op geslotekring-televisie vasgevang, en die skool het 'n beroep gedoen op die publiek om die booswigte te identifiseer.

Terwyl die Laerskool Brakpan-Oos Sondag, 21 Junie, in die saal byeengekom het om hul 90ste bestaansjaar met ’n kerkdiens te vier, het diewe die geleentheid gebruik om op die skoolterrein toe te slaan.

Gedurende die diens, wat ongeveer 17:30 aan die gang was, is drie booswigte op geslotekring-televisie vasgevang waar hulle toegang tot die skoolterrein verkry het.

Volgens die skool het die verdagtes al die elektriese kabels van die spreiligte by die rugbyveld gesteel.

Hulle het daarna deur ’n klaskamervenster toegang tot die gebou verkry, waar hulle ’n yskas beskadig het deur ook kabels af te sny en te verwyder.


LEES OOK: GTI issues over R2m in traffic fines in Gauteng


“Hierdie daad van vandalisme en diefstal benadeel ons leerders en die skoolgemeenskap ernstig,” lui ’n Facebook-plasing deur die skool. Die voorval is Maandagoggend, 22 Junie, by Brakpan SAPD aangemeld.

Die skool doen intussen ’n beroep op die gemeenskap om enige inligting wat kan help met die identifisering van die verdagtes, te deel.

“Alle inligting sal vertroulik hanteer word. Ons waardeer die gemeenskap se ondersteuning en hulp om ons skool veilig te hou,” het die skool gesê.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan Brakpan SAPD kontak of die skool direk by 011 740 9630 bel.


LEES OOK: ‘Violence stops with you’: GBV message echoes at memorial for Mkhancwa murder victim

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button