Local news
KYK: Brakpan-Oos skoolgemeenskap vorm gebedskring om skool
Die skool vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar en verskeie geleentheide, soos die gebedskring vorm deel van die vieringe.
Die Laerskool Brakpan-Oos het op 7 Augustus ’n besondere oomblik van eenheid beleef toe onderwysers, leerders, ouers en belangstellendes hande gevat het om die skool in ’n simboliese kring te omring en saam te bid.
Die gebed was gerig op groei, beskerming en voorspoed vir die skool, wat vanjaar sy 90ste bestaansjaar vier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



