Toegang tot die opedae is gratis maar die publiek word aangemoedig om dierekos saam te neem, wat aan organiasies geskenk word. Dié keer was dit dit beurt van die SPOT (Sunny’s Pet Outreach Team). Die stigter van die organisasie, Sanette Bosman en haar seun, Brandon, wat haar regterhand is, is baie dankbaar vir die skenking wat hulle ontvang het. Foto: Thelma Koorts
Die Just Wheels Motorklub se maandelikse opedag het Sondag plaasgevind en is goed deur motorentoesiaste en die publiek ondersteun.
Hoewel die kollig dié keer op bakkies geval het, kon besoekers steeds ’n groot verskeidenheid voertuie en motorfietse van naderby besigtig.
Die opedag is goed ondersteun en die publiek kan uitsien na die volgende een wat op 27 September plaasvind. Foto: Thelma Koorts
Jaco Deysel (7) van Boksburg is nou wel nog veels te jonk om te bestuur maar oud genoeg om tot bo op dié indrukwekkende Mitsubishi Triton wat “Oubaas” gedoop is te klouter. Jonk en oud het die opedag geniet. Foto: Thelma Koorts
Martin Smit (5 maande) en sy ouma, Susan Smit van Springs het die dag opedag bygewoon. Foto: Thelma Koorts
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.