Hoërskool die Anker leerder blink uit op vele vlakke
Die talentvolle leerder glo nie daaraan om stilt e sit nie en pak elke aktiwiteit met oorgawe aan.
Lianie van Wyk, ’n Graad 10 leerder aan Hoërskool Die Anker, het die afgelope jaar behoorlik uitgeblink en spog met indrukwekkende prestasies in kuns, akademie, modelwerk en sport.
Lianie het veral besonder goed gevaar in die Con Spirito FAK-kunswedstryd.
In die Engelse afdeling het sy 75% vir Reading en 79% vir English Bible Reading behaal, terwyl sy in Afrikaans 79% vir lees en 76% vir Bybellees otvang het. Haar kunsprestasies was egter van die hoogtepunte.
In die eerste ronde het sy 89% vir gryspotloodskets, 93% vir kleurpotlood en 93% vir mixed media behaal. Sy het met dié uitslae deurgedring na die Fortè-nasionale rondte, waar sy ’n uitstekende 97% behaal het.
Sy het ook besonder goed gevaar by die Dell’Arte-kunswedstryd asook die Brakpan kunswedstryd. Lianie het ook aan die Dell’Arte- en Brakpan-kunswedstryde se TikTok multivideo afdeling deelneem.

Haar prestasies strek egter veel verder as kuns. Sy en haar span is in April as wenners van die Akademiese Olimpiade by die skool aangewys.
Wanneer sy nie agter die boeke is of met haar kunsvaardighede besig is nie geniet sy dit om modelwerk te doen, waar sy ook sukses behaal. Op sportgebied bly dié lewenslustige tiener ook bedrywig.
Sy het vroeër hokkie vir die Rhinos 5-span gespeel en is in Mei as Player of the Month by HUDDLE South Africa Youth Community Association aangewys.
Lianie het ook Vrydag (28 Augustus) aan die skool se o16 D5-landloop byeenoms deelgeneem.
“Ek geniet dit om fiks te bly en besig te bly. Die ondersteuning wat ek van my ouers en vriende ontvang is vir my baie belangrik en dit maak dit moontlik dat ek my doelwitte kan bereik,” het Lianie gesê.
ALSO READ: Seven killed in two weeks in accidents on Ekurhuleni roads
ALSO READ: SAWS warns of very strong El Niño and hotter, drier spring conditions



