Local news
Brakpanners, geniet braaidag en wen ‘n prys ter waarde van R1000
Trek net jou kamera of selfoon nader, neem jou kuier om die braai af en staan ‘n kans om te wen.
24 September is Braaidag!
Dit is die perfekte dag om die vuur aan te steek, die vleis op die rooster te gooi en lekker saam met vriende en familie te kuier.
En hierdie jaar kan jou braai sommer ook vir jou ’n lekker prys in die sak bring!
Volg hierdie maklike reëls en jy kan ‘n wenner wees:
- Hou ’n lekker braai op 24 September saam met jou gesin, vriende of familie.
- Neem ’n foto van die gesellige oomblik en stuur die foto vir ons.
Hoe om in te skryf
- Stuur ’n braai-foto wat op 24 September geneem is. Ons kan natuurlik nie met ’n vergrootglas gaan vasstel wanneer die foto geneem is nie, maar ons vertrou op julle eerlikheid.
- Daar moet ten minste een persoon in die foto wees maar hoe meer mense, hoe meer gesellig.
- Indien daar minder as vyf persone in die foto is, moet ons almal se name en vanne ontvang.
- Dui aan waar die foto geneem is.
- Verskaf ’n kontaknommer.
- Slegs inwoners van Brakpan mag deelneem.
- Woon jy in Brakpan, maar besluit dalk om jou braai elders te hou, byvoorbeeld langs ’n dam kan jy steeds deelneem.
- Die wenner sal telefonies gekontak word en moet beskikbaar wees om die prys by die borg te gaan afhaal.
- Neem kennis dat die wenfoto en moontlik ander inskrywings in die Brakpan Herald en op die webtuiste en sosiale media kan verskyn.
- Die beoordelaars se beslissing is finaal en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
- Daar is net een manier om in te skryf: Stuur jou foto, verkieslik in JPEG-formaat, na brakpanherald@caxton.co.za
- Die sluitingsdatum is 28 September 2026 om 09:00
Wat kan jy wen
Die persoon wie se foto die beoordelaars die meeste beïndruk, sal ’n prys ter waarde van R1 000 van Bella’s Biltong in Dalview ontvang.
So waarvoor wag jy, beplan solank daardie Braaidag-braai, nooi jou mense, steek die vuur aan op 24 September en laat waai met die foto’s.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



