Local news

Voorskote steel die kollig by Ou Apostoliese Kerk se vrouedag

Die vrouedag is 'n jaarlikse instelling by die kerk en word altyd goed ondersteun en vanjaar was geen uitsondering nie.

Meer as 100 vroue het Saterdag ’n Vrouedag by die Ou Apostoliese Kerk bygewoon, waar voorskote, vrolikheid en groot pryse vir ’n onvergeetlike dag gesorg het.

Vanjaar se tema was “Voorskoot”, en die vroue het behoorlik gewys dat ’n voorskoot veel meer kan wees as net iets wat jy aantrek wanneer jy in die kombuis staan.

Met 14 gasvroue en ’n indrukwekkende 96 gaste was daar behoorlik lewe in die vertrek. Daar is gekuier, gelag, stories uitgeruil en natuurlik ook ’n bietjie meegeding.

Die kompetisie was sterk en die pryse was groot, terwyl daar onder meer meegeding is vir die mooiste tafel, die mooiste voorskoot en die snaaksste voorskoot.


Sommige van die 96 gaste wat die vrouedag bygewoon het. Foto: Verskaf

“Elke tafel en elke voorskoot het sy eie persoonlikheid gehad, en dit was duidelik dat die vroue hulself behoorlik geniet het,” het een van die organiseerders gesê.

Vir diegene wat tussen al die geselligheid ’n bietjie inkopies wou doen, was daar ook stalletjies waar heerlike lekkernye te koop was.

“Geen groot geleentheid gebeur vanself nie. Ons wil daarom graag ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor al die borge wat pryse vir die dag geskenk en geborg het,” het die organiseerder gesê.

Daar word reeds met groot afwagting uitgesien na die 2027 Vrouedag.


ALSO CHECK: Springs Road potholes repaired, stormwater pipe inspected

ALSO CHECK: Minnebron sewage leak continues to pollute Witpoort wetland

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button