Brakpan VLU-tak se maandelikse vergaderings verryk vroue
Die maand se vergadering het gehandel oor die persoonlikheid van die jaar, sowel as die kunstenaar van die jaar.
Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou Unie (VLU) ontmoet die tweede Dinsdag van elke maand by die Just Wheels Motorklub se klubhuis waar daar gewoonlik ‘n gasspreker het wat kundigheid deel.
Voorgeskrewe studierigtings vir die jaar val ook onder die soek en die lede leer ook hoe om iets kunstig te maak.
HiƩrdie maand was die gasspreker Pauline Houghton van Springs se Senior Citizens Club, wat gepraat het oor die klub se doel om seniors van die omgewing te voed, hul verstand skerp te hou en hul liggame aktief, fiks en gesond te hou.

Op Woensdae en Vrydae bied die klub bekostigbare maaltye aan lede, sowel as lyndans, stoel joga, kaart speel dae, bingo, hekel en vele meer.
Na die gasspreker se aanbieding, het die tak se Mary-Ann Sargeant die vroue vertel van die kunstenaar en persoonlikheid van die jaar, Sarah Pryke en Gerda Steyn onderskeidelik. Die tak het ook ‘n nuwe lid, Hester Heath, verwelkom, wat bly was om deel te word van die organisasie.
Om aan te sluit of meer inligting oor die Brakpa-tak van die VLU te bekom, kan voorsitter Delores van Rooyen 083 785 66104 gekontak word.




