Local news

Harry Nieuwenhuis vereer as lewenslange erelid van Brakpan Rugbyklub

Harry Niewenhuis is vir byna 50 jaar reeds verbonde aan die Brakpan Rugbyklub.

’n Jarelange steunpilaar van die Brakpan Rugbyklub is Woensdagaand, tydens die klub se algemene jaarvergadering as lewenslange erelid van die klub verkies.

Harry Nieuwenhuis stap al sedert 1977, toe hy nog ’n skolier was, ’n pad saam met die rugbyklub en het sy verkiesing tot lewenslange erelid as ’n groot voorreg beskryf.

Nieuwenhuis het tot 1990 vir Brakpan op die veld uitgedraf en is in 1991 tot die klub se komitee, onder voorsitterskap van Wally Labuschagne, verkies.

Hy het tot 2002 op die komitee gedien, toe hy as hoof uitvoerende beampte van die Valke aangestel is. Hy het egter steeds sy lidmaatskap van die Brakpan Rugbyklub behou.

In 2009 is Nieuwenhuis, ná die afsterwe van Stevie Lourens, weer as voorsitter verkies. Hy het dié pos tot 2023 beklee.

Daarna was hy weer ’n gewone lid totdat hy vanjaar verkies is tot die uitvoerende bestuur en uiteindelik as lewenslange erelid van die klub verkies is.


Die Brakpan Rugbyklub se komitee vir 2027 is Phillip Booyens (ondervoorsitter), Frikkie Bosman (voorsitter), Joe-Anne Botha (ere-sekretaris) en Franco Booyens, (klubkaptein). Foto: Verskaf

“Dit is ’n posisie wat baie verdienste inhou en ek voel eintlik baie nederig en beskeie,” het Nieuwenhuis gesê oor die besluit wat geneem is.

Frikkie Bosman, voorsitter van die Brakpan Rugbyklub, het gesê dat Nieuwenhuis dié erkenning deur en deur verdien ná al die jare se diens wat hy aan die klub gelewer het.

“Hy is beslis ’n mentor vir my en sy kennis van al die administrasie en die alledaagse dinge is vir my van onskatbare waarde,” het Bosman gesê.

Tydens die vergadering is die nuwe komitee vir 2027 ook verkies.

Dit lyk soos volg:
Frikkie Bosman (voorsitter), Phillip Booyens (ondervoorsitter), Franco Booyens, (klubkaptein), en Joe-Anne Botha (ere-sekretaris).

“Ons sien ut na ‘n suksesvolle 2027 vir ons klub en ons hoop om voort te bou op die sterk fondasie wat reeds neergelê is,” het Bosman gesê.


OOK LEES: Eenjarige metgesel steel die kollig by Hoërskool Stoffberg se matriekafskeid

OOK LEES: East Rand Children’s Haven celebrates 25 years of helping vulnerable children

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button