BlogsOpinion

In die kollig

Leer Henriette Pretorius ken.

Henriette Pretorius (43) is die hospitaalbestuurder by die Life Dalview Hospitaal. Sy is getroud met Frik en hulle het drie kinders, Carla (13) en Tian en Eben (11). Die gesin woon in Boksburg.

• Hoe lank is jy nou al die hospitaalbestuurder van die Life Dalview Hospitaal?

Die afgelope vyf jaar.

• Wat behels jou werk?

Dit strek oor ’n baie wye veld. Dokters en pasiëntesorg is baie hoog op my prioriteitslys. Die dokters moet gelukkig en gemaklik voel om in ’n hospitaal te werk waar dinge glad verloop.

Dis ook my verantwoordelikheid om die hospitaal aan nuwe dokters bekend te stel. Ons streef daarna om hoë kwaliteit diens aan ons pasiënte te lewer en sodoende gelukkige kliënte huis toe te stuur.

Ek het ’n doelgerigte span bestuurders saam wie ek werk; wat na dinge kyk soos finansies, mediese fondse, bemarking, die apteek (medisyne en chirurgiese items), teater, skoonmaakdienste, kos aan die pasiënte, die gebou self en die mediese toerusting, om maar net ’n paar dinge te noem. En dan is daar ook die koffiewinkel by die hospitaal wat eersdaags ’n nuwe baadjie gaan aantrek.

• Is dit ’n beroep wat jy nog altyd wou volg of hoe het dit op jou pad gekom?

Ek het aptekerswese studeer en in ’n hospitaal apteek begin werk. Ek het gevorder tot apteek bestuurder en dit vir ’n paar jaar gedoen. Daarna was ek baie bevoorreg om as hospitaalbestuurder aangestel te word.

• Wat is die grootste uitdaging ten opsigte van jou werk?

Om nuwe spesialiste te kry, wat die reeds fantastiese span dokters waaroor ons beskik, te komplimenteer.

• Wat laat jou glimlag by die werk?

As die dokters, pasiënte en personeel gelukkig en tevrede is. En onlangs toe die Life Dalview Hospitaal die “Hospital of the year – small” toekenning verower het.

• Gruwel flieks of komedies?

Komedies as ek moet kies, maar “romcoms” is my gunsteling.

• Hoeveel pare skoene besit jy?

Heeltemal te min.

• Wat sal ’n mens altyd in jou handsak kry?

Parfuuum.

• Saam met wie sal jy nie graag in ’n hysbak wil vassit nie?

Enige van ons top politieke figure van vandag.

• Indien jy die geleentheid sou kry, sal jy dit oorweeg om na die maan te reis?

Definitief, maar net as ek weer kan terugkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button