Hy is met Cindy (32) getroud en die egpaar het twee seuns, Ronan (10) en Alex (6). Die gesin woon in Brakpan-sentraal.
• Jy is die voorsitter van die Premier Veerpyltjieklub. Vertel meer van die klub.
Ons het “Premier Darts” so vyf jaar gelede gestig nadat ek ’n frats oogongeluk gehad het. Na die ongeluk het ek nuwe uitdagings nodig gehad en dis waarom ek veerpyltjies begin speel het. Ons klub het gegroei en sukses behaal. Ons het tans 28 spelers wat elke week speel.
• Wanneer het jy begin veerpyltjies speel?
Ek het die spel van ’n jong ouderdom af geniet maar ek het eers vyf jaar gelede ernstig begin speel.
• Neem jy self aan kompetisies deel en het jy al belangrike toernooie gewen?
Ek speel interne kompetisies en liga elke week in my klub. Ons maak ook ’n punt daarvan om ons bure, Die Kingsway Klub, eenmaal ’n jaar die stryd aan te sê.
• Mense is geneig om die sport met ’n gedrinkery te assosieer. Hoe voel jy daaroor?
Mense is geneig om dit te doen, maar daar is niks fout daarmee om ’n verversing of twee te geniet nie. Dit is elke persoon se persoonlike keuse. Matigheid voor oë is natuurlik altyd ’n goeie idee.
• Beoefen jou vrou ook die sport?
Somtyds op ’n Saterdag met ’n lekker braai.
• Hoeveel stelle veerpyltjies besit jy?
Ek het op die oomblik sewe stelle.
• Is dit ’n duur sportsoort om te beoefen?
As jy sosiaal speel is die uitleg nie te duur nie, maar as jy op ’n meer professionele vlak kom kan ’n stel veerpyltjies begin duur raak.
• Het jy ander belangstellings?
Ja, ek is baie lief vir rugby en om tyd saam met my familie te spandeer.
• Wie is jou gunsteling sportman of -vrou en waarom?
Keith Wood van Ierland. Hy was die beste haker.
• Wie is jou gunsteling rugbyspan?
Die Blou Bulle.
• As jy enige land kan besoek, watter land sal dit wees en hoekom?
Australië want my beste vriend bly daar en dis ’n pragtige land.
• Kan jy kos maak en wat sal jy vir gaste kan voorsit?
Ja ek kan. Ek sal ’n “rib eye steak” in ’n pepersous maak met ’n lekker “potato bake” en ’n salige potbrood om alles mooi af te rond.
Lees ook: In die kollig
Veerpyltjies is ‘n sport vir almal
Follow us:



